Distrik Ses

Distrik Ses
Huise in Distrik Ses, 2014
Huise in Distrik Ses, 2014
Distrik Ses is in Wes-Kaap
Distrik Ses
Distrik Ses
 Distrik Ses se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°55′58″S 18°26′03″O / 33.93278°S 18.43417°O / -33.93278; 18.43417
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
HoofplekKaapstad
Stigting1867
Webwerfdistrictsix.co.za

Distrik Ses was 'n kleurryke woon- en handelsbuurt van Kaapstad wat min of meer begrens is deur die spoorweg in die noorde, De Waalrylaan in die suide, Canterburystraat in die weste en Scottstraat in die ooste. Meer as 60 000 van sy inwoners is gedurende die 1970's met geweld deur die apartheidsregering verwyder.

Braakland in Distrik Ses
'n Gedenkplaat vir Distrik Ses

Die buurt het sy naam in 1867 gekry toe die Wysigingswet op die Munisipale Raad bepaal het dat die munisipaliteit vir die doeleindes van die verkiesing in ses distrikte verdeel moet word. Distrik Ses was die suidelike gedeelte en het gestrek van Tafelberg tot aan die hange van Duiwelspiek en van die Woodstock-kant van die middestad tot by Trafalgarpark. In 1909 is die ses distrikte vervang deur agt wyke en die grootste gedeelte van Distrik Ses is ingesluit by die Kasteel-wyk. Vir Volksraadsverkiesings was Distrik Ses deel van die kiesafdeling Kaapstad-Kasteel, wat Morris Alexander, 'n groot kampvegter vir die regte van minderbevoorregtes, agt keer tussen 1910 en 1943 gewen het. Die naam Distrik Ses het egter gebly.

Teen die 1840's was Buitenkantstraat nie meer die grens van die stad nie en toe het gegoede wit gesinne hulle gaan vestig in wat later Distrik Ses sou word. Tussendeur het 'n aantal Kaapse Maleier- en Kleurlinginwoners gebly, oorwegend vakmanne en klein besighede. Mettertyd het die buurt begin verval. Tydens die 1890's het die stygende grondpryse en toename van Kaapstad se bevolking aanleiding gegee tot oorbevolking en haglike sanitasie probleme. Die toestande is vererger deurdat meer en meer swart werkers, wat meesal in diens van die hawe was, in die buurt kom woon het. Hulle het in treurige omstandighede gewoon met huiseienaars wat agtergekom het hulle kon geld maak deur woonplek in vervalle geboue ten duurste te verhuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search